Liefde vir wiskunde Deel 2

 
Newsletter 18 October 2019

 

Liefde vir wiskunde - dit is moontlik!  

 

Ek leer deur my kinders te leer!!

 

 

Ek vind die wonder van ouerskap is om die lewe uit my kinders se perspektief te sien en by hulle te leer.  Jy is werklik nooit te oud om te leer nie.  So het ek ook nou besef dat ek soms te hard probeer om vir hulle lewenslesse te wil leer - ek moet dit ook 'let go'.  As jy sou belangstel, kan jy by hierdie blog lees oor wat ek in die Bybel geleer het toe ek probeer om my kind iets te leer....

 

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/biblical-insights/133-what-is-precious-in-your-life

 

 

Liefde vir Wiskunde, jou ingesteldheid

 

 Die wêreld daarbuite is so vol negatiwiteit. Selfs ons homeschoolers maak ons daaraan skuldig om soms negatief te wees oor skole.  Dit vat vier positiewe denke om een negatiewe idee te neutraliseer in ons breine!  Om positief te wees is harde werk.  En as dit by Wiskunde kom is die stryd soveel groter.

 

Ek hoop jy het al teen hierdie tyd jou taalgebruik rondom wiskunde verander soos ek in die vorige nuusbrief verduidelik het!  Laat weet my hoe dit vir jou werk.  Vandag gesels ek meer oor die volgende moenie.

 

Moenie 2: Moenie vaskyk in dit wat jou kind verkeerd doen nie.

 

Ons breine is geneig om toe te slaan wanneer ons te veel negatiewe terugvoer van een rigting kry.  Nie toe te slaan om nog negatiewe terugvoer te ontvang nie, maar om toe te slaan om enigsins te probeer.

 

Onthou, jou kind se sukses met wiskunde in graad 1

is geen indikasie van hulle potensiaal

in bv. Graad 10 nie.

 

Moenie moedeloos raak as jou kind sukkel nie, moenie vir hulle wys jy raak moedeloos nie. Loop weg en gaan tel tot 10 op ‘n ander plek, of bel jou ma, vriendin, kollega en kry dit uit jou sisteem (maak net seker hulle verstaan die konteks van die oproep, jy wil nie hê hulle moet ook dink die stryd is verlore nie). 

 

Dit beteken nie jy mag nooit die waardheid vertel oor wat verkeerd is nie.  Wanneer jy onemosioneel kan sê; ‘O gonna, daardie is verkeerd, kom ons kyk hoe om dit reg te maak’  help jou kind baie meer as ‘Ek kan nie glo jy het dit alweer verkeerd nie!’

 

Onthou die Bybel sê; ‘Beproef alles, maar behou die goeie’. Soms voel wiskunde soos ‘n beproewing, maar behou die goeie.  As jy hardkoppig deurdruk met hierdie verandering, sal jy die vrugte van liefde vir wiskunde pluk. 

 

 

 

Moet 2: Fokus op dit wat jou kind wel kan doen.

 

 

"Wilmien hierdie is makliker gesê as gedaan," mag jy dalk voel.  Ja, ek besef dit. Ek is deur absoluut dieselfde paadjie met ander vakke en ek praat uit ondervinding. Ek besef dis nie altyd so maklik nie, maar dit help nie ons hou aan met goed wat nie die regte uitwerking gee en verwag dan ‘n ander uitkoms nie.

 

Dink saam met jou kinders aan ‘n paar ‘affirmations’ (bevestigings).  Watter woorde moet uit julle woordeskat uit en watter woorde moet in julle woordeskat in?  

Byvoorbeeld:

 

1.    Ek kan nie                               word vervang met       Ek kan probeer

2.    Dis moeilik                              word vervang met       Aanhouer wen

3.    Ek hou nie daarvan nie           word vervang met       Probeer is die beste geweer

 

Stuur vir my jou eie bevestigings wat jy sien werk vir julle as ‘n gesin.  Hierdie word 'n groei denkwyse genoem en daar is baie navorsing wat bewys dat dit jou kinders op die langtermyn sal help om suskes te bereik.

 

Wat ook baie goed werk is om jou kind te herinner aan ‘n keer toe hy/sy iets anders moeilik gevind het, en toe hy/sy net aangehou het, het hy/sy dit tog reggekry, bv. om fiets te kon ry sonder die oefenwieletjies.  In die begin het dit amper onmoontlik gelyk vir jou kind om dit reg te kry, maar jy as mamma het geweet jou kind kan, so jy het aanhou motiveer en op die ou end het jou kind dit reggekry!  Ek gebruik die fietsry herinnering met my kinders en ek herinner hulle ook hoe het hulle gesukkel om te fluit, maar hulle het aangehou en aangehou tot hulle dit reggekry het, nou is dit so maklik, hulle hoef nie eens daaraan te dink nie - dit kom natuurlik.

 

Onthou jy nog die vreugde op die gesiggie toe jou kind besef hy/sy kan!!??

 

 Wil jy nie dieselfde met wiskunde sien nie?  Mamma, as jy glo jou kind kan, jy motiveer jou kind om aan te hou dan gaan jy so ‘n wiskunde gesiggie sien - gewaarborg.

 

Ek het my dogter op 8 begin tuisskool en sy het wiskunde gehaat met ‘n passie.  Dit was vir my vreeslik frustrerend, veral omdat ek so lief was (en is) vir wiskunde.  Sy is nou 10, twee jaar later en net nou die dag word ek beloon met ‘n “Mamma, ek hou eintlik van wiskunde!”   Dalk is sy nog nie so lief vir wiskunde soos wat sy lief is vir lees nie, maar dit is vir my ‘n massiewe stap in die regte rigting in. 

 

Die vierde MOET gaan vir jou ook meer praktiese raad gee wat jou kan help.

 

Probeer dit ‘n bietjie, hou aan en herinner jou kind aan vorige kere waar hy/sy gesukkel het en hoe hy/sy deurgebreek het, maar bo alles – GLO dat jou kind dit wel kan doen, al lyk die huidige omstandighede glad nie watwonders nie.

 

Laat weet my of hierdie vir jou sin maak en of jy soortgelyke deurbrake al ervaar het met jou kind(ers).

 

Ons gesels volgende week weer verder.

 

As jy dalk die eerste artikel in die reeks gemis het, kan jy dit by hierdie skakel kry:

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/my-school/128-lief-vir-wiskunde-jou-ingesteldheid

 

 

 Tot weersiens

 

 

Ek is opgewonde om by jou te leer en jou te hlelp.  Stuur jou vrae en/of idees en ons gesels lekker daaroor. Ek sal ook graag wil hoor of jy hierdie al begin toepas het en wat jou resultate is.

 

Lekker werk en moenie dat wiskunde jou onderkry nie!!  Wys wie is baas. :)

 

Hoop om weer volgende week met jou te gesels. 

 

 

 

Produkte

Logiese raaisels

Ek het my 'geekie/nerdy' sy baie uitgeleef om hierdie video te maak vir ons logiese raaisels - gaan geniet dit!

https://www.youtube.com/watch?v=HDqymh2C_Kk

 

Ek het besluit om die Raaisels baie bekostigbaar te maak vir die Suid-Afrikaanse mark.  Gaan loer bietjie en sien of julle gesin dit sal geniet om te doen.

https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/logiese-raaisels/

 

 

 


Attachments
wilmien_davis_consulting-newsletter_october.pdf