Davis tuisskool 2: Memorisasie tegniek

 
Newsletter 16 July 2019

 

Mag jy en jou geliefdes 'n wonderlike Kerstyd hê  

 

Kan jy glo die jaar is al verby?

 

Sjoe, kan jy glo hierdie jaar het verby gevlieg!!  Ek sê dit elke jaar, maar ek staan nog steed verbaas dat tyd nie vir ons wag nie.  Gister is verby, more is nog nie hier nie, ons het net vandag!  Ek hoop dat jy elke oomblik van hierdie Kerstyd met ou geliefdes gaan indrink en geniet.  Jy gaan nooit weer Kersfees 2017 terugkry nie.  Dit is wat ek beplan om te doen.

 

Ek gaan nie volgende week 'n nuusletter uitstuur nie, ons gaan ordentelik vakansie hou!  Praat weer in die nuwe jaar.

 

Die Waarde van Memorisasie

 

Verlede week het ek bietjie gesels oor die waarde van memorisasie.  As jy dit gemis het, gaan lees dit wanneer jy tyd kry in die skakel hieronder:

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/my-school/123-bybelvers-memorisasie

 

Annamarie de Villiers het my ook gekontak na die vorige blog.  Sy is ook Afrikaans soos ek getroud met 'n Engelsman!  Hier is 'n skakel na haar oulike blog oor memorisasie en musiek:

 

http://annamariedev.wixsite.com/mama-ams/single-post/2017/08/29/Why-music-education-should-be-essential-for-every-young-child-before-the-age-of-7

 

Charlotte Mason memorisasie tegniek

 

Ek weet nie hoeveel van julle ken hierdie metode nie, maar ek hou baie hiervan.  Dit praat ook baie oor die manier hoe die brein langtermyn memorisasie doen en nie korttermyn nie.

 

Hier is die detail blog waar ek die metode in Afrikaans opgetik het vir die van julle wat dit nie ken nie.

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/my-school/124-memorisasie-tegniek

Ons gebruik hierdie metode vir ons Bybel memorisasie en ons gedigte memorisasie

 

Foto's van ons memorisasie sisteem

 Hier is hoe ons bybelmemorisasie foto's lyk

 

En hier is ons gedigte se sisteem - jy sal sien dit is 'n mengsel van Afrikaans en Engelse gedigte! 

 

 Onder die weeksdae lysie, sal ek al die A4 gedite insit, ons hoef daardie nie meer te sien nie, want ons ken hulle al baie goed.  Die gelyk en ongelyke gedigte sit ek op so 'n manier in dat ons nog kan loer as ons een of twee woorde vergeet het.

 

Jy kan sien dat ek nie elke keer 'n nuwe bladsy skryf vir die weeksdae gedigte nie, ek sal wanneer ons twee keer al die dae al aangeskuif het, 'n nuwe bladsy skryf met die nuutste gedigte

 

Ek het ook besluit om die 1, 2, 3, 4, 5 dae se gedigte onder mekaar in te sit.  

Ek hoop hierdie gee jou 'n beter idee oor hoe dit lyk.

 

Laat weet my asb (met foto's as jy wil) as jy ook 'n soortgelyke metode het.

 

 

 

 

 

Eerste produkte

Ek is baie opgewonde om aan te kondig dat Marisa Haasbroek my toegelaat het om haar platform vir my Logiese Raaisels te skep!  Dankie Marisa.  Sy het 'n paar wonderlike Afrikaanse skryf tegnieke op haar platvorm wat ek ook sterk kan aanbeveel.

Ek het my 'geekie/nerdy' sy baie uitgeleef om hierdie video te maak vir ons logiese raaisels - gaan geniet dit!

https://www.youtube.com/watch?v=HDqymh2C_Kk

 

Ek het besluit om die Raaisels baie bekostigbaar te maak vir die Suid-Afrikaanse mark.  Gaan loer bietjie en sien of julle gesin dit sal geniet om te doen.

https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/logiese-raaisels/

 

 

 


Attachments
wilmien_davis_consulting-newsletter_october.pdf