DIE BEGIN VAN GROOT DINGE!!!

Is dit goeie of slegte tydsberekening?
Ek dink ek is 'n bietjie mal om aan die EINDE van die jaar met nuwe dinge te begin, maar ek glo eintlik nie in nuwejaarsvoornemens nie, ek glo mens moet die hele jaar lank een of twee mylpale hê waarna jy streef en wanneer die tyd reg is, moet jy jy inspring en doen. So vandag spring ek in en doen!
Maar bietjie meer oor wie ek is en wat jy kan verwag op hierdie verspreidingslys.
Ek is Wilmien, ek is nou 43 jaar oud, ek is baie lank :) 1,8 m! Ek is getroud met Robin (en ja, hy is korter as ek - dis 'n laaaang storie). Ons het twee pragtige kinders - Lillian is nou 10 jaar oue en Leonardo is nou 8 jaar oud. Ons homeschool nou al vir 2 jaar en 'n bietjie. Ek kom uit 'n korporatiewe omgewing as ingenieur, maar fokus nou al my aandag op God, my man en kinders en my besigheid om ander mense te help groei. Ek het nadat ek bedank het, myself as lifecoach (lewensaffrigter) gaan kwalifiseer en is betrokke by daardie maatskappy om ook nuwe lewensafrigters op te lei en te assesseer.
Ek hoop om een keer elke week vir jou 'n lekker lees brokkie nuus te deel oor wat ek met tuisskool al geleer het. Ek het reeds al beplan om te praat oor die liefde vir wiskunde en hoe om dit in jou kinders te koester. Ook wil ek deel oor spelling en hoe om dit sonder trane vir jou kinders lekker te maak (of ten minste so lekker as wat jy kan). Laat weet my wat jy meer van wil hoor en ek gaan doen navorsing en kyk of ek enigsins iets van waarde kan deel. :) Dit moet vir julle werk en waarde toevoeg.
|