Het jy al die hoofrekene metode probeer? Werk dit vir jou gesin? Vandag gesels ek oor die finale idee rondom liefde vir wiskunde, hoop jy geniet dit. VAndag vat ek al vier vorige blogs saam in die groter idee - wat probeer ons werklik bereik?
+27 83 633 9525
wilmien@wilmiendavisconsulting.co.za
Het jy al die hoofrekene metode probeer? Werk dit vir jou gesin? Vandag gesels ek oor die finale idee rondom liefde vir wiskunde, hoop jy geniet dit. VAndag vat ek al vier vorige blogs saam in die groter idee - wat probeer ons werklik bereik?
Werk die kalmeringstegnieke wat ons verlede week bespreek het vir jou en jou kind(ers)? Vandag wil ek nog 'n moenie met jou deel, kom ons vat dit een stappie verder.
MOENIE 4: Moenie aangaan as die basis nog nie in plek is nie.
Ek glo nie in repetisie vir enige iets, enige tyd nie. Ek glo ook nie daarin om een som tien keer uit te skryf nie. Ek weet die brein sluit af as ek verveeld word en let dan nie op nie, al doen my hand die werk. Daarom het ek nie dat my kinders honderde velle van 1+1=2 invul nie, omdat ek nie in dit glo nie en ook omdat ek weet ek moet tot vandag toe nog dink oor 6x8 en ek kan dit nie dadelik onthou nie, tog kon ek suksesvol matriek wiskunde doen (sien meer hieroor in blog 5 volgende week). Maaltafels en hoofrekene (ek noem dit basiese wiskundefeite) is nie noodwendig ‘n maatstaf vir toekomstige sukses nie.
Maar ek het ook geleer ek kan nie die baba met die badwater uitgooi nie.
Ek hoop die strategie wat ons laas week bespreek het om nie op die negatiewe te fokus nie, maar om die positiewe uit te lig het al begin vrugte afwerp? Laat weet my, ek hoor graag van jou. Maar vandag fokus ons op die derde moenie.
Die wêreld daarbuite is so vol negatiwiteit. Selfs ons homeschoolers maak ons daaraan skuldig om soms negatief te wees oor skole. Dit vat 4 positiewe denke om een negatiewe idee te neutraliseer in ons breine. Om positief te wees is harde werk. En as dit by Wiskunde kom is die stryd soveel groter.
Ek hoop jy het al teen hierdie tyd jou taalgebruik rondom wiskunde verander soos ek in die vorige blog verduidelik het! Laat weet my hoe dit vir jou werk. Vandag gesels ek meer oor die volgende moenie.
Hoekom is dit vir my so belangrik om liefde vir wiskunde aan te wakker?
Is dit nie ‘n ingebore ding nie? Ek glo vas dis nie noodwendig ‘n ingebore talent nie, ek glo daar is mense wat dalk meer talentvolle wiskunde gene as ander het, maar ek het ook al gesien dat wat jy dink oor wiskunde baie meer waarde dra as jou ingebore talent. Ons sien dit gereeld op die sportveld. Baie talentvolle sportmense bereik nie naastenby so baie soos die atleet wat hard oefen en dit geniet nie. Ek glo enige persoon kan wiskunde doen en enige persoon kan wiskunde goed doen.