ONSELFSUGTIGHEID
Anri Wenhold
Is dit nie lekker om eer te ontvang en te heers nie? Verbeel jy stap in ‘n paleis in, en jy sien die koning en koningin met baie slawe. Wie is belangriker, die koning en koningin of die slawe? Wie is in God se oë?Glo my of nie, die slawe is eintlik belangreker, want hulle in onselfsugtig en hulle plaas ander bo hulself. Jesus het in Johannes 13:1-17 gesê dat hy nie aarde toe gekom het om eer te ontvang nie, maar om ander te dien.
Onselfsugtigheid beteken dat jy ander bo jouself stel. Jesus het gesê dat jy God eerste moet stel, en jou bure tweede. Die briljante William Bradfort het opgemerk dat daar geen gelukkigheid in selfsugtighied is nie, want niemand wil dan by jou wees nie. As jy meer gefokus is op ander dan kry jy meer uit die lewe, meer vriende, geniet die lewe meer, en jy maak skatte in die Hemel bymekaar. As jy selfsugtig is, dan is jy leeg en ontmoedig. Selfsugtigheid bring jou net alleenheid en ongelukkigheid.