DEEL 6: Verandering in die Bybel
Die Bybel is vol voorbeelde van verandering, daar is heeltemal te veel om te lys. Om ‘n volledige studie van die Bybel te doen oor hierdie onderwerp, sal beteken ek moet die hele Bybel oorskryf en dit is nie die fokus van hierdie skrywe nie. Ek gaan slegs aan twee voorbeelde kortliks raak, aangesien dit my die meeste geraak het: Die verandering van Slawerny na Vryheid en die verandering wat Jesus vir ons in die geloof gebring het.